Prieska: Besproei jou sukses

Groot tonne op besproeiing

Landboukundige: Rossouw Olivier

Agent: Johannes Fourie

Streek: Prieska

Gewas: Mielies

Datum van aanplanting:   21 November 2016

Die grondtipes waarop koring, mielies, lusern en hawer by geplant word, is hoofsaaklik alluviale gronde,  gevorm deur vloede,  asook Clovelley’s.

Uit die bostaande grondontleding kan gesien word dat daar ‘n opbouiing van natrium in die grond is.  Hierdie verbrakking en versuip toestande word veroorsaak deur ‘n grond besproeiingsdam aan die bokant van hierdie spilpunt.

Op hierdie land was lusern geproduseer  voordat die mielies (Agsalfa) geplant is.  Die lusern was doodgespuit en daar is met ‘n Jetter Striptill ‘n saadbed voorbereiding gedoen.

Mips is teen 2 ton per hektaar uitgestrooi  voordat  die mielies geplant is.

Die mielies is geplant met ‘n gewone John Deere 1750, 8 ry mielieplanter geplant.   Die kultivar was PHI 33Y74.

Die bemestingsprogram wat gevolg was, is as volg:

  • Daar is geplant met 400 kilogram per hektaar met ‘n Atlas mengsel  2:2:1(26) wat met mikro elemente verryk is.
  • Met opkoms en 2 weke na opkoms is ureum en KCL Jap Fines deur die spilpunt gegee.
  • Op week 4 is ammoniumsulfaat en KCL deur  die spilpunt toegedien.
  • Op week 5 is 200 liter 2:3:0 vloeibaar toegedien.
  • Op week 6 is weer ureum en KCL Jap Fines toegedien.

Aanvullende bemesting is  op grond van die blaarontleding  voorgestel en gegee.

  • Op pluim en 2 weke na pluim is ureum toegedien deur die spilpunt.
  • Op week 2, 4 en 6 is boorsuur saam met die Kunsmis toegedien.

Die totale hoeveelheid stikstof wat toegdien was, is 325 kg/ha, fosfaat teen  42 kg/ha en kalium teen 108 kg/ha.

Die voeding wat met die Mips toegdien is, is nie in berekening gebring  nie.

Ten spyte van die lae fosfaat vlakke en hoe natrium vlakke, is 19,7 ton/ha gemiddeld gestroop op hierdie land.

Die res van die plaas se bemestingsprogram is soortgelyk, behalwe die Mips, en die gemiddelde mielieopbrengs is bokant 18 ton/ha.

‘n Baie tevrede voornemende klient

Your email address will not be published. Required fields are marked *

div#stuning-header .dfd-stuning-header-bg-container {background-image: url(http://atlasorganic.co.za/wp-content/uploads/2017/09/Prieska-1.jpg);background-color: #c7c93e;background-size: cover;background-position: center center;background-attachment: scroll;background-repeat: no-repeat;}#stuning-header div.page-title-inner {min-height: 550px;}