Botterskorsies

Maak jou toediening effektief

Landboukundige: Andre Smith

Klient: JGA Fourie -Fourie Boerdery-

Streek: Ellisras (Lephalale)

Gewas: Botterskorsie

Datum van aanplanting: Julie 2016

Die grond in Ellisras is tipies regiese sande afkomstig vanaf die verwering van Waterberg sandsteen. Uit die onderstaande grondontleding (braak grond)is dit duidelik dat die makro en mikro-elemente baie laag ontleed. Dit is baie moelik om die grond se voedingswaarde op te bou omdat die klei persentasie en organiese materiaal natuurlik laag is.

Besproeiings water is afkomstig uit die Mogolrivier en is van die beste kwaliteit in die land met `n EG waarde van minder as 10 mS/m

Die streek leen hom daartoe vir winter produksie van groente. Hannes het besluit om 24 hektaar botterskorsies  in te sit onder spilpunt .

Daar was 2 ton kalsitiese kalk en 1.5 ton dolomitiese kalk toegedien gedurende 2015 seisoen  voordat mielies geplant is.

Die son is in die noordelike halfrond en die invalshoek van sonstraling is baie klein gedurende die winter. Riwwe word dus in `n oos / wes orienteering gemaak om die warm noordelike kant van die rif te gebruik. (Grondtemperatuur kan tipies tot 10 grade Celsius hoer wees noord as suid van die rif).Plante word  geplant in die helfte van die rif aan die noordelike kant om die hitte van die son af optimaal te gebruik. Indien daar koue winde en ryp voorkom is die plante ook beskerm teen die koue omdat die plantjies nog nie bo-oor die rif groei in die eerste maand na plant nie.

Gedurende die groeiseisoen.
  • Atlas se 3:1:2(18)ZnCuB is teen 1.6 ton per hektaar toegedien.
  • Daar was 1 ton breedwerpig uitgestrooi  vooraf.
  • 400 kg is gebandplaas met die maak van die riwwe
  • En 200 kg is met koppies tussen die plante toegedien na  opkoms.
  • Daar is ` verder 150 kg Ureum toegedien deur die spilpunt  in September.
24ha vol botterskorsies.

Die fisante en patryse het gebaljaar onder die saad en jong plantjies op die kant van die spilpunt en die stand was dus baie swak .

Daar is meer as 2500/ha sakkies (10kg) bemark teen `n gemiddelde prys van R50.00 per sakkie. Kwaliteit en houvermoe was uitstekend.

Hannes is van voorneme om nooit weer met ander kunsmis as Atlas te plant nie. Die mielie aanplanting huidiglik op die land het `n potensiaal van 18 ton / ha.

 

Swak water kwaliteit en sanderige gronde moet met Atlas toegedien word om sulke oeste te kry.
Tydens die oes.

Your email address will not be published. Required fields are marked *

div#stuning-header .dfd-stuning-header-bg-container {background-image: url(http://atlasorganic.co.za/wp-content/uploads/2017/09/Butternuts3.jpg);background-color: #000000;background-size: cover;background-position: center center;background-attachment: scroll;background-repeat: no-repeat;}#stuning-header div.page-title-inner {min-height: 550px;}