PEKAN AKADEMIE 2017

DENDRON BOERDERY en PLANTSAAN KWEKERY naby Orania het 11-14 Julie ‘n PEKAN AKADEMIE aangebied met besoekers van regoor die land. Die vorige een was in 1999 aangebied, hul gaan poog om meer gereëld kursusse in pekanneutverbouing aan te bied. “Ons moet aanhou leer om te verbeter in alles wat ons doen” sê Dr Ben de Klerk van Dendron Boerdery.

Dr Estaban Herrera van New Mexico was die gasspreker wat kursusgangers toe gespreek het oor ondermeer, vestiging van nuwe boorde, instandhouding van bestaande boorde, kunsmis en water toediening asook plaagbeheer. ‘n Hoogte punt was die praktiese snoei van die bome in die boord, daar kon die moet en moenies van snoei gedemonstreer word.

Die moet en moenies van snoei.

Daar was ook verskeie uitstallings gewees wat verband gehou met pekanneut boerdery, van snoei skêre tot selfaangedrewe snoei masjiene.

ATLAS ORGANIESE MISSTOWWE was ook daar, Dendron Boerdery en Plantsaam Kwekery bemes hul bome met Atlas organiese verrykte kunsmis. Hul gebruik ATLAS PECAN MIX by die boorde en GHWAMIS-FOS in die kwekery met groot sukses. Mnr Dirk Laubscher landboukundige van Atlas Organiese Misstowwe en die boerdery se bestuurspan stap ‘n nou pad saam. Laubsher het ook twee praatjies aangebied om die kursusgangers meer te vertel van Atlas Organiese Misstowwe asook die voordele om met Atlas te bemes.

Spandeer tyd in jou boord en laat die bome met jou “praat” sê Laubscher.

Die manne wat tel. Etienne Burger en Dirk Laubscher is pekan spesialiste.

 

Mnre Rossouw Olivier (landboukundige) en Etienne Burger (verteenwoordiger) ook van Atlas Organiese Misstowwe het die akademie bygewoon.

Rossouw Olivier weet waaroor dit gaan om groot oeste van ‘n boom af te kry jaar op jaar.

 

Daar was baie belangstelling met sowat 300 mense wat die kurus bygewoon het. Nie net is daar geleer nie, maar ook nuwe vriende is gemaak terwyl almal lekker geëet het aan die heerlike kos wat voorgesit was.

Your email address will not be published. Required fields are marked *

div#stuning-header .dfd-stuning-header-bg-container {background-image: url(http://atlasorganic.co.za/wp-content/uploads/2017/09/Pecans.png);background-color: #000000;background-size: cover;background-position: center center;background-attachment: scroll;background-repeat: no-repeat;}#stuning-header div.page-title-inner {min-height: 400px;}